ERVAAR ONAFHANKLIKHEID IN ’N VEILIGE OMGEWING MET ONS PRIVAAT STUDENTE-AKKOMMODASIE

Educata Bloemfontein Privaat Akkommodasie is vir mans en dames wat aan die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit van Tegnologie en ander tersiêre instellings in Bloemfontein studeer. Dit is ’n ideale keuse vir studente wat die kampuslewe voluit wil geniet, maar nie deel wil wees van ’n tradisionele koshuis nie.

Die fasiliteit bied moderne, veilige en privaat akkommodasie in ’n Leef-en-leer-omgewing. Hoewel die hoofdoelwit is om jou graad te verwerf, streef ons daarna om ’n omgewing te skep waar elke individu optimaal kan funksioneer sowel as herinneringe en vriendskappe kan skep wat ’n leeftyd sal hou.

Educata Bloemfontein Privaat Akkommodasie besef elke persoon is uniek en het hul eie voorkeure ten opsigte van akkommodasie. Daarom doen ons ons bes om te voorsien in elkeen se behoeftes deur verskeie verblyfopsies te bied.

Studente kan kies tussen ’n privaat kamer in ’n 8-bed-selfsorgeenheid (kluster) met ’n gedeelde badkamer en kombuis, of ’n eenmaneenheid met ’n en-suite badkamer en kombuis.

Ons klusters skep die geleentheid om te kuier met nuwe en ou vriende of selfs spanmaats. Spelers van die amptelike Cheetah Rugby-akademie bly die afgelope drie jaar by ons en het eerstehandse ervaring hiervan.

Hoewel ons privaat akkommodasie meer onafhanklikheid toelaat, beteken dit nie jy hoef op jou eie klaar te kom nie. Ons het streng maar billike reëls om elke inwoner se veiligheid, respek en privaatheid te waarborg. Ons streef daarna om ’n akademiese omgewing te skep waar almal kan groei en nuwe vriendskappe kan bou.

Om te verseker ons waardes word onderhou, voorsien ons inwoners van 24/7-ondersteuning deur middel van ’n bestuurspan, wat bestaan uit ’n inwonende hoof, senior huishoof, hoofstudente, vloerleiers en klusterleiers. Hierdie struktuur skep ’n uitstekende geleentheid vir dié mense wat leierskapservaring wil opdoen, maar betrokkenheid is heeltemal vrywillig.

 

As jy ’n tradisionele universiteitskoshuislewe verkies, gaan terug na die tuisblad en klik op Amelia Privaat Dameskoshuis of Bell Privaat Manskoshuis – albei bied unieke tradisies en studentelewe-ervarings.

AKKOMMODASIE

Educata Bloemfontein Privaat Akkommodasie is ongeveer 150 m suid van die Universiteit van die Vrystaat en so te sê langs die Fakulteit Geneeskunde geleë, dit is dus ideaal geplaas, veral vir studente wat medies en ander verwante rigtings studeer. Daar is oorgenoeg parkeerplek, oop en onderdak, sowel as ’n tuin en ontspanningsarea op die grondvloer.

FTT Blok B is ’n sesverdiepinggebou wat ontwerp is as ’n Leef-en-leer-fasiliteit, waar elke vloer mans of vroue huisves. Vloer 1 tot 5 het elk ses klusters (wooneenhede/woonstelle). Elke kluster het agt privaat kamers, twee badkamers, twee storte, ’n gemeenskaplike oopplankombuis (stoof en sluitbare persoonlike koskaste), leefarea en balkon. Die sluitbare privaat slaapkamers is gemeubileer met ’n enkelbed, lessenaar, stoel, ingeboude klerekas en -boekrak.

Inwoners kan kies as daar een of meer mense is met wie hulle ’n kluster wil deel, en die bestuur sal hul bes doen om hierdie versoeke te akkommodeer.

Die eenmaneenhede is in ’n aparte gebou langs die hoofgebou. Elke eenheid kan veilig sluit en bevat ’n en suite-badkamer, enkelbed, lessenaar, stoel, ingeboude klerekas en -boekrak sowel as ’n kombuis en tuinarea. Studente wat in hierdie eenhede bly, het toegang tot dieselfde dienste en sekuriteit as die klusterinwoners.

Die sesde vloer bestaan uit die gemeenskaplike ontspanningsareas, insluitend ’n gimnasium, braaigeriewe, eetsaal/kafeteria, studeerarea, wassery en besoekerstoilette. Die vloer is ’n pragtige mengsel van binnenshuise en buiteareas, ideaal vir kuier, om te werk aan jou sonbruin of net die uitsig oor die stad te geniet.

SEKURITEIT

Die veiligheid van ons studente is top prioriteit en daarom het ons die volgende veiligheidsmaatreëls in plek:

Elektriese omheining

24-uur-bemande sekuriteit met gewapende reaksie

Voltydse inwonende hoof

Motorhek beheer deur slimfoonstelsel

Biometriese toegangsbeheer

Geslotekringtelevisiekameras

Geen besoekersvoertuie word op die perseel toegelaat nie

Gaste moet by die sekuriteit aanmeld

AANSOEKE VIR 2021 IS NOU OOP.

FASILITEITE

Die maandelikse huur word op ’n jaarlikse basis bepaal en is betaalbaar oor tien maande.

HOË-PROFIEL SEKURITEIT

BIOMETRIESE
TOEGANGSBEHEER

HOË-SPOED-WIFI *

PARKERING *

GEMEUBILEERDE KAMERS

WASGERIEWE

WARM WATER

KOOPKRAGMETERS

BRAAIGERIEWE

TUIN

ONTSPANNINGSAREAS

WEEKLIKSE SKOONMAAK VAN GEMEENSKAPLIKE AREAS **

VOORAFBESPREEKTE ETES *

WASGOEDDIENS *

* Bykomende Kostes Betaalbaar

**Eenmaneenhede uitgesluit

VRAE

Aansoeke vir die onderskeie persele moet na die volgende e-pos-adresse versend word:

Amelia Privaat Dameskoshuis – blocka@fttbloem.co.za

Bell Privaat Manskoshuis – blocka@fttbloem.co.za

Educata Bloemfontein Privaat Akkommodasie – blockb@fttbloem.co.za

 

 

Verseker dat die volgende dokumente volledig ingevul is:

  • Aansoekvorm, insluitend toestemming vir ’n kredietwaardigheidskontrole
  • Huurkontrak vir ’n privaat kamer in ’n 8-bed eenheid/kluster, 6-bed eenheid/kluster of enkelwoonstel

 

Ondersteunende dokumentasie wat saam versend moet word:

  • Student se mees onlangse universiteitspunte/skoolrapport
  • Afskrif van ID-kaart/-boek en/of studentekaart indien beskikbaar
  • Bewys van betaling van aansoek-/besprekingsfooi van R3 400
  • Afskrif van ouer (persoon verantwoordelik vir rekening) se ID-kaart/-boek

INGESLUIT

  • Water
  • Weeklikse skoonmaak van gemeenskaplike areas

 

UITGESLUIT

  • Kos
  • Elektrisiteit – Koopkragmeters is in elke eenheid geïnstalleer, begroot R100-R200 per persoon per maand
  • Wasgoed – per bondel of vooruit betaalbaar per maand, kwartaal, semester of jaar.
  • Parkering – oop of onderdak
  • Wi-Fi – Koeponne is te koop by die fasiliteitskantoor op die perseel

KAMERS:

  • Enkelbed en matras met stoorplek onder
  • Gordyne
  • Ingeboude lessenaar
  • Stoel
  • Twee ingeboude boekrakke
  • Ingeboude dubbeldeur-dakhoogte kas

 

GEMEENSKAPLIKE AREAS:

  • Gordyne
  • 3-sitplekbank
  • Vier stoele
  • Koffietafel
  • 4-plaatstoof

 

Aangesien die wooneenhede (klusters) selfsorg is, word studente herinner om die volgende saam te bring:

  • Yskas, mikrogolfoond, ketel, rooster – Ons beveel aan dat jy wag tot ná jou aankoms voordat jy enige van hierdie items koop. Of probeer met klustermaats praat voor jy intrek om te vermy dat daar te veel van sekere items is.
  • Een klein slot
  • Waaier
  • Stoomstrykyster
  • Bedlamp
  • Beddegoed, insluitend laken, kombers/duvet, duvetoortreksel, kussing, kussingsloop
  • Verpligtende waterdigte beskermende onderlaken vir matras – Koste ingesluit by die besprekingsfooi
  • Breekgoed
  • Eetgerei
  • Kombuisgereedskap
  • Studente kan ekstra meubels saambring, byvoorbeeld ’n sitkamerstel of studeerstoel. Dit word egter aanbeveel om eers met jou klustermaats te praat (’n Whatsapp-groep sal vir elke kluster opgestel word sodra die klusterplasings afgehandel is) of jy kan wag tot ná jou aankoms voordat jy dit koop

Die geboue is volgens die leef-en-leer-konsep ontwerp om ’n leer-vriendelike omgewing te skep. Die kamerplasing word daarom gemaak met inagneming van studierigtings, akademiese jaar en persoonlikheidseienskappe.

Jy kan egter kies as daar een of meer persone is met wie jy wil deel wat ook aansoek gedoen het by jou koshuis. Dui jou versoek om te deel duidelik bo-aan die aansoekvorm aan. Die bestuur sal hul bes doen om hierdie versoeke te akkommodeer as dit betyds ontvang word.

Jy kan ook gedurende die eerste maand ná jou aankoms kamers/klusters ruil. GEEN skuif/ruil mag plaasvind alvorens die bestuur in kennis gestel is en jy ’n kamerruil-vorm ingevul het nie. Hierdie vorms moet selfs ingevul word indien jy net na ’n ander kamer in dieselfde kluster trek. Enige skuif of veranderings sonder die bestuur se vooraf geskrewe toestemming sal lei tot ’n R500-boete vir elke betrokke party. Studente wat hul verblyf hernu kan hul kamer vir die volgende jaar kies.

Daar is twee 6-verdiepinggeboue op die perseel, Blok A en Blok B.

 

Amelia Dameskoshuis – Blok A is ’n privaat koshuis vir slegs damestudente

 

Bell Manskoshuis en Educata Privaat Akkommodasie – Blok B

  • Vloer 1 en 2 is Bell Privaat Koshuis en huisves slegs manstudente
  • Vloer 3 huisves Educata privaat damestudente
  • Vloer 4 huisves Educata privaat manstudente
  • Vloer 5 huisves die amptelike Toyota Cheetah Rugby Akademie

 

Let wel, klusters is slegs vir mans of vroue en geen gemengde mans en vrouens klusters nie. 

Ongeveer 170 m van die universiteit se draaihek en 350 m van die universiteitshospitaal.

Die veiligheid van ons studente is top prioriteit. Die perseel is beveilig met elektriese omheining, dit word deurgaans gemonitor met behulp van geslotekringtelevisiekameras, toegang word net verkry deur biometriese lesers of die slimfoontoepassing, en elke eenheid/kluster, kamer en kas kan gesluit word. Daar is ook 24/7-veiligheidswagte wat deurgaans die perseel patrolleer en hulle is in verbinding met gewapende reaksie.

Nee. Soos by universiteitskoshuise en enige ander privaat verblyf, is studente verantwoordelik vir hul eie persoonlike besittings.

R100 Vir die jaar.

Dit is ’n “huisfonds” wat gebruik word om vir die sosiale en persoonlike-ontwikkelingsgeleenthede te betaal, onder meer huiskuiers, jaareindpartytjies, eksterne gassprekers, ens. Die fonds word bestuur deur die hoofstudent van die tesourie en is ook tot die beskikking van studente as hulle geld benodig om hul eie funksie/idee tot voordeel van die huis te reël. Die tesourier stel ’n jaarverslag saam wat aantoon hoe/waar die huisfonds aangewend is.

’n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1 700 word vereis.

Let wel, die deposito moenie verwar word met die nie-terugbetaalbare besprekings-/aansoekfooi van R3 400 wat jou aansoek moet vergesel nie.

Dit word van studente verwag om aan die einde van hul huurperiode, hul kluster en kamer in dieselfde toestand te laat as wat hulle dit ontvang het. Jy moet aan die einde van jou huurperiode ’n uitgangsinspeksie bespreek met ’n verteenwoordiger by die fasiliteitskantoor. Die inspeksie moet gedoen word op die dag wat jy uittrek en die bespreking moet minstens een week voor jou vertrekdatum gemaak word. Let asseblief op, jou kamer moet opgepak en skoon wees vir die inspeksie. Jou deposito of ’n deel daarvan (indien daar enige skade is wat afgetrek moet word) sal binne vier weke van jou vertrek terugbetaal word. Geen deposito sal terugbetaal word indien die korrekte uitgangsprosedure nie gevolg is nie.

Stuur geskrewe kennis van 20 werksdae na blocka@fttbloem.co.za (Amelia-koshuis) of na blockb@fttbloem.co.za (Bell-koshuis en Educata Privaat Akkommodasie).  Die kansellasie bedrag word soos volg gereken: volle huurbedrag betaalbaar tot aan die einde van die 20-werksdae skriftelike kennisgewingtydperk, plus 75% van die balans van die kontrakwaarde vir die volledige kontraktydperk.

Dit hang af hoeveel jy gebruik, maar jy kan begroot vir ongeveer R100 per persoon per maand. Minder konserwatiewe gebruik kan tot R200 per maand wees.

Die wasgoedgeriewe word beman en ons bied ’n volledige was-droog-en-vou-diens. Daar is verskeie betaalopsies beskikbaar, byvoorbeeld per bondel, per maand, per kwartaal, per semester of per jaar. Een spesifieke dag per week sal aan jou geallokeer word vir jou wasgoed en jy moet jou eie waspoeier en wasgoedversagmiddel verskaf. Jou klere moet duidelik gemerk wees en in ’n duidelik gemerkte wasgoedmandjie ingehandig word wat 24 uur later afgehaal kan word. Koeponne (tokens) kan tussen 8:00 en 16:00 op weeksdae by die fasiliteitskantoor gekoop word, indien jy verkies om per bondel te betaal.

Drukwerk kan tussen 8:00 en 16:00 op weeksdae by die fasiliteitskantoor gedoen word. Pryse is beskikbaar op aanvraag.

Elke kluster is toegerus met sy eie versender (router). Koeponne kan tussen 8:00 en 16:00 op weeksdae by die fasiliteitskantoor of direk op die diensverskaffer se webwerf gekoop word. Meer besonderhede sal by jou aankoms aan jou voorsien word.

Amelia

Marissa Laing

Fasiliteitskantoor, B L1-03

Tel: 051 436 1621

Cell: 064 621 9199

Epos: blocka@fttbloem.co.za

 

Bell

Hester Potgieter

Fasiliteitskantoor, B L1-03

Tel: 051 436 1621

Cell: 063 830 6857

Epos: blockb@fttbloem.co.za

 

Educata 

Hester Potgieter

Fasiliteitskantoor, B L1-03

Tel: 051 436 1621

Cell: 063 830 6857

Epos: blockb@fttbloem.co.za

Kantoorure

Maandag tot Vrydag 08:00 tot 17:00

ALGEMENE INSTANDHOUDING

Stuur asseblief enige onderhoudsverwante e-posse na

maintenancea@fttbloem.co.za (Amelia-koshuis)
maintenanceb@fttbloem.co.za (Bell-koshuis en Educata Privaat Akkommodasie)
Merk die e-pos-onderwerpreël duidelik met JOU VAN, naam, kluster en kamernommer. Gee ook ’n kort beskrywing van die probleem in die e-pos.

 

NOODGEVALLE TYDENS KANTOORURE: Ma-Vr 08:00 tot 17:00

Chaney Niemand

Kantoorbestuurder, Fasiliteitskantoor, B L1-03

051 436 1621

Sel: 066 019 2293

 

NOODGEVALLE NA-UURS

Kontak asseblief jou hoofstudent, klusterleier of vloerleier wat dan die toepaslike persoon/persone sal kontak. Maak altyd seker jy het hierdie nommers op jou selfoon.

Met die inwonende hoof, fasiliteitsbestuurder, jou hoofstudent, die primaria of jou tutor by jou privaat studente-organisasie (PSO). Alle eerstejaars kry ’n mentor (senior koshuisstudent) wat hulle help met registrasie, akademiese probleme of enige ander vrae.

Een keer per week op ’n spesifieke dag vir ’n spesifieke vloer. Die skedule sal op die kennisgewingbord op elke vloer wees asook by die fasiliteitskantoor.

Vra jou hoofstudent of mentor om jou te help. Hulle sal al die nodige inligting kan voorsien met betrekking tot kampusaktiwiteite.

Elke vloer het ’n hoofstudent en die besonderhede is op die kennisgewingbord van daardie vloer asook by die fasiliteitskantoor.

Ja, ons het ’n eetsaal op die sesde vloer en ’n eksterne spysenieringsmaatskappy lewer voorafbespreekte etes by die perseel. Hierdie diens word nie deur ons bestuur nie; jy kan die spysenier direk kontak en sy sal die verskillende opsies verduidelik:

Ete van die dag

Chantelle Venter

084 614 7974

Jy mag niks aan enige van die mure/deure in jou kamer of êrens anders in jou kluster aanbring sonder die geskrewe toestemming van die bestuur nie.

Daar is baie oop- en onderdak-parkering beskikbaar, maar die aanvraag is uiters hoog. Senior studente en studente wat hernu kry voorkeur. Die jaarlikse fooi is vooruit betaalbaar en parkering word op ’n eerste-kom-eerste-gehelp-basis geallokeer nadat jou volledige aansoek en betaling vir die jaar ontvang is. As jy nie betyds aansoek doen vir parkering nie, sal ons moontlik nie vir jou ’n parkeerplek kan gee nie.

Nee, jy kan slegs met jou eie motor by die parkering inkom as jy geregistreer is vir parkering en toegangsmagtiging ontvang het op die parkeringsgroep. Toegang word aangemeld op die groep en jy word nie toegelaat om vir iemand anders oop te maak nie. Dit is dalk ongerieflik, maar die stelsel is daar om die veiligheid van studente te verseker.

Amelia en Bell neem deel aan spansporte.

Alle besittings moet verwyder word vir die Desember/Januarie-vakansie, aangesien onderhoud of herstelwerk en deeglike skoonmaak in hierdie tyd gedoen word. As jy jou besittings oor die Desember/Januarie-vakansie wil agterlaat, moet jy reeds geregistreer wees (hernuwingskontrak volledig geteken en eerste betaling vir die daaropvolgende akademiese jaar ontvang), anders neem ons aan jy kom nie terug nie en jou besitting sal verwyder word.

 

As jy wel hernu moet alle los items weggepak word, yskaste afgeskakel wees en alle bederfbare items verwyder word. Dieselfde geld ook in die Junie-vakansie as jy nie in die kluster gaan bly gedurende die resesperiode nie. As daar dringende instandhouding gedoen moet word tydens ’n vakansie/reses, sal jy voor die tyd in kennis gestel word sodat bestuur hierdie werk kan doen.

 

Ons kan stoorplek voorsien vir sommige van jou besittings (geen waardevolle artikels) slegs as dit in bokse/kratte gepak is en duidelik gemerk is. Vir studente wat ver woon, sal ’n spesiale vergunning gemaak word, maar jy moet toestemming vra alvorens jy jou besittings agterlaat.

Ja, jy mag. Reëlings moet vooraf getref word met die inwonende hoof.

Nee, ons voorsien nie vervoer nie, maar studente reël dit gewoonlik onder mekaar.

Slegs olieverwarmers word toegelaat. As jy ’n verwarmer in jou kamer het en jou klustermaats het nie, sal jy proporsioneel meer tot die koopkrag van die eenheid moet bydra.

Ons beveel aan dat jy in groepe loop.

Huisvergaderings is baie kort en tot die punt. Dit word slegs gehou as dit nodig is om belangrike inligting aan almal oor te dra, dus nie elke Maandag nie.

Ja, stuur ’n e-posnavraag vir meer inligting oor die rekeningafslag na:

 

Amelia:

blocka@fttbloem.co.za

 

Bell:

blockb@fttbloem.co.za

 

Educata Bloemfontein Privaat Verblyf

blockb@fttbloem.co.za

 

Die afslag sal bepaal word deur wanneer jou rekening betaal word en in watter proporsie.

TUISTE VAN DIE CHEETAHS

Educata Bloemfontein Privaat Akkommodasie is ook die afgelope paar jaar die trotse tuiste van die Toyota Cheetah Akademie (ook bekend as die Toyota Cheetahs Institute of Excellence), sowel as studente en spelers wat aan die Cheetahs verbind is.

“Die Toyota Cheetahs Institute of Excellence is in Januarie 2015 gestig. Sedert die aanvangs, het nie minder nie as 31 instituutspelers kontrakte gekry by die Toyota Cheetahs senior rugbyspan. Die Toyota Cheetahs-instituut het ten doel om spelers te ontwikkel. Gedurende die spelers se jare by die instituut, word hulle bekendgestel aan die Cheetahs se speelstyl, afrigtingsfilosofieë sowel as die Cheetahs se kultuur, om hulle sodoende te help met die oorgang van junior na senior rugby. Gespesialiseerde afrigters van die senior span word in die akademiestrukture aangestel om konsekwentheid en kontinuïteit te verseker in die Cheetah-spanne. Dit help die spelers met hulle oorgang na senior rugby. Nog ’n rede vir die sukses van die instituut is die hoë afrigter-tot-speler-ratio van vyf afrigters, wat gelykstaande is aan 1 afrigter vir elke 10 spelers.”

Besoek hul webtuiste vir meer inligting: www.fscheetahs.co.za/academy