GALLERY
Dit is vir ons ’n groot voorreg om Amelia Privaat Dameskoshuis aan jou bekend te stel. Amelia is in 2011 gestig en is genoem na Amelia Earhart, wat bekendheid verwerf het as die eerste vroulike vlieënier wat met ’n solovlug oor die Atlantiese oseaan gevlieg het en so aan die wêreld gewys het dat enigiets moontlik is.
Die kern van ons koshuis is integriteit en trots, daarom streef ons na eenheid en liefde onder mekaar. Elke dame word met respek behandel en dis vir ons ’n prioriteit dat jy so gou as moontlik sal tuis voel in jou nuwe huis, ’n balans sal handhaaf tussen akademie, sport en sosiale aktiwiteite, en dat jy sal inskakel by alles wat ons hier bied.
Ons fokus op die volledige studente-ondervinding en wil hê ons studente moet kampus- en koshuisaktiwiteite beleef en terdeë geniet.
Die Educata Groep glo dat reëls en dissipline deel is van gesonde koshuis- en studentelewe, dog is daar genoeg ruimte om jou individualiteit uit te leef en te groei as persoon. Ons bestuur het jare lange ondervinding in die bestuur van privaat buite-kampus-koshuise. Ons is daartoe verbind om te verseker dat ons inwoners die waardes van Amelia handhaaf, en om te verseker dat daar geen ontwrigting gedurende die akademiese jaar is nie.
Ons visie is dat ons studente gebalanseerd sal wees oor die hele spektrum van die lewe: akademie, sport, kultuur en gesonde geestelike lewenstyl en jou studies binne die voorgeskrewe tyd afhandel, sonder om op die lekker van student-wees uit te mis.
Die koshuis het sy eie wapen, leuse en kleure en daar word verwag dat inwoners dit met trots sal dra tydens voorgeskrewe tye.
AKKOMODASIE
Die koshuis is ongeveer 150 m suid van die Universiteit van die Vrystaat en so te sê langs die Fakulteit Geneeskunde geleë. Oop en onderdakparkering is beskikbaar (senior dames kry voorkeur vir onderdak).
Amelia is ’n moderne sesverdiepinggebou en ontwerp as ’n leef-en-leer-fasiliteit. Alle wooneenhede (klusters) is op vloere 1 tot 5 geleë, met ses wooneenhede per vloer. Jy het ’n keuse van twee soorte kamers: privaat enkelkamer met en suite-badkamer in ’n sesbed-wooneenheid of privaat enkelkamer in ’n agtbedwooneenheid met gedeelde badkamers (twee storte, twee toilette en vier wasbakke per wooneenheid).
Elke slaapkamer is toegerus met die volgende: enkelbed, roomkleur gordyn, ingeboude lessenaar met ’n stoel, ingeboude boekrak en klerekas.
Alle wooneenhede het ’n gemeenskaplike kombuis en ontspanningsarea en die gemeenskaplike areas word een keer per week skoongemaak. Daar is koopkragmeters in elke wooneenheid, en studente kan tussen R100-R200 per student per maand vir elektrisiteit begroot. Water is ingesluit by die huur.
Ontspanningsareas is op die grond- en 6de vloer. Die 6de vloer huisves ook ’n eetsaal waar verskillende opsies voorafbespreekte etes beskikbaar is, asook braaigeriewe en die waskamer. Die gimnasium op die 6de vloer sal in 2020 voltooi wees.
SEKURITEIT
Die veiligheid van ons Amelia-damestudente is top prioriteit en daarom het ons die volgende veiligheidsmaatreëls in plek:
Elektriese omheining
24-uur-bemande sekuriteit met gewapende reaksie
Geslotekringtelevisiekameras
Verskeie biometriese toegangspunte na die perseel vir inwoners
Motorhekbeheer deur slimfoon-toepassing
Voltydse inwonende hoof
Gaste moet by die sekuriteit aanmeld
Slegs inwoners se voertuie word op die perseel toegelaat
FASILITEITE
HOË-PROFIEL SEKURITEIT
BIOMETRIESE
TOEGANGSBEHEER
HOË-SPOED-WIFI *
PARKERING *
GEMEUBILEERDE KAMERS
WASGERIEWE
WARM WATER
KOOPKRAGMETERS
BRAAIGERIEWE
TUIN
ONTSPANNINGSAREAS
VOORAFBESPREEKTE ETES *
WASGOEDDIENS *
* Bykomende Kostes Betaalbaar
KAMPUSAKTIWITEITE
Akademie kom eerste, maar ons moedig al ons inwoners aan om sover moontlik deel te neem aan alle aktiwiteite op kampus. Koshuisgees en samehorigheid is egter baie belangrik vir ons en dit lei tot ontwikkeling van volkome menswees.
SOSIALE AKTIWITEITE OP DIE KAMPUS:
Jaarlikse Flugtag (Bou van kas karre)
Sêr
SPANSPORT:
Hokkie
Netbal
Sokker
Landloop
Atletiek
ANDER:
Informele en formele huisgeleenthede
Weeklikse huisvergaderings
Jaarlikse Ma-en-dogternaweek
Amelia Week (seniors en eerstejaars)
Lily Week (eerstejaars)
VRAE
Voltooi die elektroniese vorm op die webblad en klik stuur. Marissa sal u tipies binne 24hr antwoord en deur die aansoekproses bystaan.
INGESLUIT
- Water
- Weeklikse skoonmaak van gemeenskaplike areas (addisionele koste vir eenslaapkamer woonstelle)
- DSTV in gazelle en braai areas
- Onbeperkte WiFi
- Elektrisiteit – maandelikse beperkte bedrag
UITGESLUIT
- Kos
- Elektrisitiet addisioneel tot die maandelikse voorsiene bedrag. Voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in alle klusters
- Wasgoed – per bondel of vooruit betaalbaar per maand, kwartaal, semester of jaar.
- Parkering – oop of onderdak
KAMERS:
- Enkelbed en matras met spasie vir stoor onder die bed
- Waterdigte mattress beskermer – Voorsien by aankoms en verpligtend om te alle tye te gebruik. Indien u die een deur Educata voorsien verloor, kan u een aankoom by die Fasiliteitskantoor, Block B L1-04
- Gordyne
- Ingeboude lessenaar
- Stoel
- Twee ingeboude boekrakke
- Ingeboude dubbeldeur-dakhoogte kas
GEMEENSKAPLIKE AREAS:
- Gordyne
- 3-sitplekbank
- Vier stoele
- Koffietafel
- 4-plaatstoof
Aangesien die wooneenhede (klusters) selfsorg is, word studente herinner om die volgende saam te bring:
- Yskas, mikrogolfoond, ketel, rooster – Ons beveel aan dat jy wag tot ná jou aankoms voordat jy enige van hierdie items koop. Of probeer met klustermaats praat voor jy intrek om te vermy dat daar te veel van sekere items is.
- Een klein slot
- Waaier
- Stoomstrykyster
- Bedlamp
- Beddegoed, insluitend laken, kombers/duvet, duvetoortreksel, kussing, kussingsloop
- Verpligtende waterdigte beskermende onderlaken vir matras – Koste ingesluit by die besprekingsfooi
- Breekgoed
- Eetgerei
- Kombuisgereedskap
- Studente kan ekstra meubels saambring, byvoorbeeld ’n sitkamerstel of studeerstoel. Dit word egter aanbeveel om eers met jou klustermaats te praat (’n Whatsapp-groep sal vir elke kluster opgestel word sodra die klusterplasings afgehandel is) of jy kan wag tot ná jou aankoms voordat jy dit koop.
Die geboue is volgens die leef-en-leer-konsep ontwerp om ’n leer-vriendelike omgewing te skep. Die kamerplasing word daarom gemaak met inagneming van studierigtings, akademiese jaar en persoonlikheidseienskappe.
Jy kan egter kies as daar een of meer persone is met wie jy wil deel wat ook aansoek gedoen het by jou koshuis. Dui jou versoek om te deel duidelik bo-aan die aansoekvorm aan. Die bestuur sal hul bes doen om hierdie versoeke te akkommodeer as dit betyds ontvang word.
Jy kan ook gedurende die eerste maand ná jou aankoms kamers/klusters ruil. GEEN skuif/ruil mag plaasvind alvorens die bestuur in kennis gestel is en jy ’n kamerruil-vorm ingevul het nie. Hierdie vorms moet selfs ingevul word indien jy net na ’n ander kamer in dieselfde kluster trek. Enige skuif of veranderings sonder die bestuur se vooraf geskrewe toestemming sal lei tot ’n R500-boete vir elke betrokke party. Studente wat hul verblyf hernu kan hul kamer vir die volgende jaar kies.
Daar is twee sesverdiepinggeboue op die perseel, Blok A en Blok B.
Amelia Dameskoshuis – Blok A is ’n privaat koshuis vir slegs damestudente
Bell – Blok B huisves Veritas Mans Annex, Educata privaat dames en mans studente asook spelers van die amptelike Toyota Cheetah Rugby Akademie
Let wel, klusters is slegs vir mans of vroue en geen gemengde mans en vrouens klusters nie.
Ongeveer 170 m van die universiteit se draaihek en 350 m van die universiteitshospitaal.
Ongeveer 750m.
Die veiligheid van ons studente is top prioriteit. Die perseel is beveilig met elektriese omheining, dit word deurgaans gemonitor met behulp van geslotekringtelevisiekameras, toegang word net verkry deur biometriese lesers of die slimfoontoepassing, en elke eenheid/kluster, kamer en kas kan gesluit word. Daar is ook 24/7-veiligheidswagte wat deurgaans die perseel patrolleer en hulle is in verbinding met gewapende reaksie.
Nee. Soos by universiteitskoshuise en enige ander privaat verblyf, is studente verantwoordelik vir hul eie persoonlike besittings.
Verwys na die Pryslys – jaarliks opgedateer
Let wel, die deposito moenie verwar word met die nie-terugbetaalbare besprekings-/aansoekfooi wat jou aansoek moet vergesel nie.
Dit word van studente verwag om aan die einde van hul huurperiode, hul kluster en kamer in dieselfde toestand te laat as wat hulle dit ontvang het. Jy moet aan die einde van jou huurperiode ’n uitgangsinspeksie bespreek met ’n verteenwoordiger by die fasiliteitskantoor. Die inspeksie moet op die dag wat jy uittrek gedoen word en die bespreking moet minstens een week voor jou vertrekdatum gemaak word. Let asseblief op, jou kamer moet opgepak en skoon wees vir die inspeksie en jy moet die inspeksie bywoon. Jou deposito of ’n deel daarvan (indien daar enige skade is wat afgetrek moet word) sal teen 31 Januarie van die volgende jaar terugbetaal word. Geen deposito sal terugbetaal word indien die korrekte uitgangsprosedure nie gevolg is nie.
Stuur geskrewe kennis van 20 werksdae na blocka@fttbloem.co.za . Die kansellasie bedrag word soos volg gereken: volle huurbedrag betaalbaar tot aan die einde van die 20-werksdae skriftelike kennisgewingtydperk, plus 75% van die balans van die kontrakwaarde vir die volledige kontraktydperk.
Dit hang af hoeveel jy gebruik , die maandelikse bedrag deur FTT voorsien is genoegsaam, maar dit mag nodig wees om addisionele krag aan te koop waar gebruik minder konserwatiewe is.
Die wasgoedgeriewe word beman en ons bied ’n volledige was-droog-en-vou-diens. Daar is verskeie betaalopsies beskikbaar, byvoorbeeld per bondel, per maand, per semester of per jaar. Een spesifieke dag per week sal aan jou geallokeer word vir jou wasgoed. Waspoeier en wasgoedversagmiddel word verskaf. Indien jy voorkeur vir spesifieke wasmiddels het, kan jy jou eie voorsien. Jou klere moet duidelik gemerk wees en in ’n duidelik gemerkte wasgoedmandjie ingehandig word wat 24 uur later afgehaal kan word. Koeponne (tokens) kan tussen 8:00 en 16:00 op weeksdae by die fasiliteitskantoor, Block B L1-4, gekoop word, indien jy verkies om per bondel te betaal.
Drukwerk kan tussen 8:00 en 16:00 op weeksdae by die fasiliteitskantoor gedoen word. Pryse is beskikbaar op aanvraag.
Gratis onbeperkte WiFi. Elke kluster is toegerus met sy eie versender (router).
Amelia
Marissa Laing
Fasiliteitskantoor, B L1-04
Tel: 051 436 1621
Sel: 064 621 9199
Epos: blocka@fttbloem.co.za
Veritas
Ezeth Jooste en Hester Potgieter
Facility Office, B L1-04
Tel: 051 436 1621
Sel: 063 830 6857
Epos: veritasannex@fttbloem.co.za
Bell (Block B)
Ezeth Jooste en Hester Potgieter
Facility Office, B L1-04
Tel: 051 436 1621
Cell: 063 830 6857
Email: blockb@fttbloem.co.za
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 08:00 tot 17:00
ALGEMENE INSTANDHOUDING
Stuur asseblief enige onderhoudsverwante e-posse na
maintenancea@fttbloem.co.za (Amelia-koshuis en Amelia Annex)
maintenanceb@fttbloem.co.za (Bell: Veritas Annex en Educata Privaat Akkommodasie)
Merk die e-pos-onderwerpreël duidelik met JOU VAN, naam, kluster en kamernommer. Gee ook ’n kort beskrywing van die probleem in die e-pos.
NOODGEVALLE TYDENS KANTOORURE: Ma-Vr 08:00 tot 17:00
Chaney Niemand
Kantoorbestuurder, Fasiliteitskantoor, B L1-03
051 436 1621
Sel: 066 019 2293
NOODGEVALLE NA-UURS
Kontak asseblief jou hoofstudent, klusterleier of vloerleier wat dan die toepaslike persoon/persone sal kontak. Maak altyd seker jy het hierdie nommers op jou selfoon.
Alternatiewelik kan jy ook by die Inwonende Hoof/sekuriteit aanmeld.
Met die inwonende hoof, fasiliteitsbestuurder, jou hoofstudent, die primaria of jou tutor by jou privaat studente-organisasie (PSO). Alle eerstejaars kry ’n mentor (senior koshuisstudent) wat hulle help met registrasie, akademiese probleme of enige ander vrae.
Een keer per week op ’n spesifieke dag vir ’n spesifieke vloer. Die skedule sal op die kennisgewingbord op elke vloer wees asook by die fasiliteitskantoor.
Vra jou hoofstudent of mentor om jou te help. Hulle sal al die nodige inligting kan voorsien met betrekking tot kampusaktiwiteite.
Elke vloer het ’n hoofstudent en die besonderhede is op die kennisgewingbord van daardie vloer asook by die fasiliteitskantoor.
Ja, ons het ’n eetsaal op die sesde vloer en ’n eksterne spysenieringsmaatskappy lewer voorafbespreekte etes by die perseel. Hierdie diens word nie deur ons bestuur nie; jy kan die spysenier direk kontak en sy sal die verskillende opsies verduidelik:
Ete van die dag
Chantelle Venter
084 614 7974
Jy mag niks aan enige van die mure/deure in jou kamer of êrens anders in jou kluster aanbring sonder die geskrewe toestemming van die bestuur nie.
Daar is baie oop- en onderdak-parkering beskikbaar, maar die aanvraag is uiters hoog. Senior studente en studente wat hernu kry voorkeur. Die jaarlikse fooi is vooruit betaalbaar en parkering word op ’n eerste-kom-eerste-gehelp-basis geallokeer nadat jou volledige aansoek en betaling vir die jaar ontvang is. As jy nie betyds aansoek doen vir parkering nie, sal ons moontlik nie vir jou ’n parkeerplek kan gee nie.
Nee, jy kan slegs met jou eie motor by die parkering inkom as jy geregistreer is vir parkering en toegangsmagtiging ontvang het op die parkeringsgroep. Toegang word aangemeld op die groep en jy word nie toegelaat om vir iemand anders oop te maak nie. Dit is dalk ongerieflik, maar die stelsel is daar om die veiligheid van studente te verseker.
Amelia en Veritas neem deel aan spansporte.
Arndt 6 (Annex) Eenslaapkamer woonstelle: Geen ontruiming nodig indien u reeds geregistreer (hernuwings dokumentasie en eerste betaling) in plek is vir die volgende akademiese jaar.
Amelia klusters: Alle besittings moet verwyder word vir die Desember/Januarie-vakansie, aangesien onderhoud of herstelwerk en deeglike skoonmaak in hierdie tyd gedoen word. As jy jou besittings oor die Desember/Januarie-vakansie wil agterlaat, moet jy reeds geregistreer wees (hernuwingskontrak volledig geteken en eerste betaling vir die daaropvolgende akademiese jaar ontvang), anders neem ons aan jy kom nie terug nie en jou besitting sal verwyder word.
As jy wel hernu moet alle los items weggepak word, yskaste leeg, skoongemaak en afgeskakel wees en alle bederfbare items uit jou kamer / kluster verwyder word. Dieselfde geld ook in die Junie-vakansie as jy nie in die kluster gaan bly gedurende die resesperiode nie. As daar dringende instandhouding gedoen moet word tydens ’n vakansie/reses, sal jy voor die tyd in kennis gestel word sodat bestuur hierdie werk kan doen.
Ons kan stoorplek voorsien vir sommige van jou besittings (geen waardevolle artikels) slegs as dit in bokse/kratte gepak is en duidelik gemerk is. Vir studente wat ver woon, sal ’n spesiale vergunning gemaak word, maar jy moet toestemming vra alvorens jy jou besittings agterlaat.
Ja, jy mag. Reëlings moet vooraf getref word met die inwonende hoof.
Nee, ons voorsien nie vervoer nie, maar studente reël dit gewoonlik onder mekaar.
Slegs olieverwarmers word toegelaat. GEEN OOP ELEMENT VERWARMERS NIE. As jy ’n verwarmer in jou kamer het en jou klustermaats het nie, sal jy proporsioneel meer tot die koopkrag van die eenheid moet bydra.
Ons beveel aan dat jy in groepe loop.
Ja, stuur ’n e-posnavraag vir meer inligting oor korting na:
Amelia: blocka@fttbloem.co.za
Veritas: veritasannex@fttbloem.co.za
Bell Educata Private Accommodation: blockb@fttbloem.co.za
Die afslag sal bepaal word deur wanneer jou rekening betaal word en in watter proporsie.